Wynand Harmse skryf met gesag oor die geskiedenis van die SAUK sedert sy ontstaan tot met die oorgang na 'n nuwe bedeling in Suid-Afrika danksy baie jare se ondervinding in die topbestuur van die SAUK en deeglike navorsing. Hierdie boeiende boek dek die jare 1936-1995. Daarmee lewer hy 'n geskiedkundig waardevolle bydrae tot 'n belangrike tydperk in ons samelewing.
Lees meer oor die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word; ook oor die suksesvolle implementering van die landswye FM-netwerk ('n wêreld-eerste), die instelling van dienste in inheemse tale, asook die instelling van televisie.
Die politieke element word ook volledig bespreek: Watter rol het die SAUK in apartheid gespeel? Was die SAUK 'n stut vir apartheid of 'n sleutelspeler in die transformasieproses? Of beide? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is.

Stock

1

€ 12,50
Price per unit
Quantity: Order

Information:

ISBN
9781928426134
Auteur
Wynand Harmse
Kaft
Paperback
Uitgeverij
Naledi